Agt Kovsie-studente vasgetrekAugust 3, 2023
Agt studente is in verband met openbare geweld by die Universiteit van die Vrystaat se Qwaqwa-kampus in hegtenis geneem. Dit volg na hulle Woensdag universiteits-bedrywighede tydens protesoptrede wou ontwrig. Die polisie se hulp is ingeroep om sekerheidspersoneel by te staan. ‘n Polisiewoordvoerder, Mmako Mophiring sê by hul aankoms het ‘n groep studente een van die geboue op die kampus genader.