AfriForum eis beter sekuriteit by Pukke na betogings

AfriForum Jeug eis van die Noordwes-universiteit se bestuur om bestendigheid op die kampus te verseker en nie gewelddadige betogers toe te laat om gehalte onderwys te ontwrig nie. Dit volg nadat kontakklasse opgeskort is weens betogings oor betalings van die Nasionale Finansiële Hulpskema vir Studente. Die jeugorganisasie vra verhoogde kampusveiligheid en openbaarmaking van kommunikasie met die polisie oor skarebeheer. AfriForum Jeug se woordvoerder, René van der Vyver, beskuldig die fonds van wanbesteding en wanadministrasie: