Trump beskryf klagtes as belaglik
Die voormalige Amerikaanse President Donald Trump, sê die nuwe aanklagte teen hom is niks meer as die jongste korrupte hoofstuk in die voortgesette patetiese poging deur die Biden-familie nie. Hy is strafregtelik aangekla oor sameswering om sy verkiesingsnederlaag teen President Joe Biden in 2020 om te keer. Die aansoek, wat by die federale distrikshof in Washington ingedien is, bevat vier aanklagte teen Trump wat insluit sameswering om die land te bedrieg. Trump wat voorloop in die Republikeinse benoemingstryd vir die 2024-verkiesing, sê die saak is belaglik: