Stortingsterreine in Noord-Kaap ‘n openbare gevaar
Die DA in die Noord-Kaap sê hy het die kwessie van die gebrek aan bestuur by die De Duine-stortingsterrein in Upington na die provinsiale Departement van die Omgewing en Natuurbewaring verwys. Erica Strauss van die party sê die perseel oortree nasionale standaarde en is ‘n gesondheids- en veiligheidsgevaar vir inwoners. Sy sê munisipale amptenare kom selde na die terrein: