Stadige Chinese groei behoort olieprys laer te hou
‘n Ekonoom sê dit is geen verrassing dat China sukkel om sy ekonomie te herstel ná die Covid-pandemie nie. Die land was vir dekades ‘n super-moondheid van groei. Beloftes deur die Chinese leier Xi Jinping en ander top-leiers van die Kommunistiese Party om die wêreld se tweede grootste ekonomie te laat herleef, blyk onsuksesvol te wees. Kosmos 94.1 Nuus het met Chris Hart, ‘n ekonoom in Suid-Afrika, gepraat, wat sê dat dit op kort termyn beteken dat daar ‘n stadige vraag na kommoditeite insluitend olie sal wees. China is die wêreld se tweede grootste invoerder en verbruiker van olie en met gedempte vraag, sal die prys van die kommoditeit laer bly.