Solidariteit poog om Agoa te beredder

Die buurland se vakbond, Solidariteit, is in gesprek met diplomate van Amerika, om te voorkom Suid-Afrika word van die Wet op Groei en Geleenthede in Afrika uitgesluit, wat veroorsaak is deur bewerings oor die verskaffing van wapens aan Rusland. Solidariteit het ‘n omvattende verslag aan die Amerikaners voorgelê, wat die betekenisvolle impak van Agoa op die land se ekonomie onderstreep. ʼn Woordvoerder van Solidariteit, Theuns du Buisson, sê die regering se nonchalante houding oor die ooreenkoms kan ‘n verwoestende uitwerking op baie werksgeleenthede en nywerhede hê: