Rugby: Mbonambi ‘n natuurlike leier

Rugby: Bongi Mbonambi sal die 65ste speler word om die Springbokke in ‘n toets te lei wanneer hulle Saterdag in Buenos Aires vir Argentinië in ‘n Wêreldbeker-opwarmingswedstryd pak. Die 32-jarige haker neem die kapteinskap oor in die afwesigheid van Duane Vermeulen en Eben Etzebeth, wat in Suid-Afrika agtergebly het, terwyl Siya Kolisi steeds beseer is. Mbonambi sal die naweek in sy 60ste toets speel. Die Bok-afrigter, Jacques Nienaber, sê hy is ‘n natuurlike leier.