Oorbenutting van visbronne vererger krokodil-konflik

Navorsing toon dat die groter visspesies in die Kavangorivier besig is om af te neem. Die visse is ‘n belangrike voedselbron vir krokodille en beslaan tot 98 persent van hul dieet. Met ‘n toename in menslike nedersettings langs die Kavangorivier sal die konflik tussen krokodille en mense waarskynlik eskaleer. Clinton Hay ‘n senior dosent in die Departement Omgewingswetenskap by Unam het die uitdaging so uiteengesit.