Onwaar dat vliegtuie van Namibia Base Aviation op die grond moet bly

Die Namibiese Burgerlugvaartowerheid sê berigte dat vliegtuie op die boeke van Namibia Base Aviation moontlik binnekort verbied kan word om op te styg onwaar is. Volgens die berigte handel die stap daaroor dat ‘n werknemer van die maatskappy Antje Nauhaus op klagte van vervalsing van dokumente van die Robinson R44-helikopter gearresteer is. Die helikopter het op 17 Julie net buite Swakopmund neergestort tydens ‘n toetsvlug en Jacques Jacobs en Dirk von Weidts, wat aanboord is, is albei dood. Die hoof van die direktoraat van vliegtuigongeluk-ondersoeke Magnus Abraham het bevestig dat daar geen planne is om die vliegtuie op die grond te hou nie.