Nienaber verwag taai, fisiese stryd in Buenos Aires
Die Springbokafrigter Jacques Nienaber sê hy verwag ‘n intense fisieke stryd Saterdag in hulle Wêreldbeker-opwarmingskragmeting teen Argentinië in Buenos Aires. Die haker Bongi Mbonambi speel in sy 60ste toetswedstryd die naweek en voer die nasonale span vir die eerste keer aan. Die afrigter het ‘n totale ander span gekies as die een wat Argentinië verlede week geklop het, met slegs twee spelers wat hulle plekke behou. Nienaber sê hy verwag ook ‘n baie vyandige ontvangs in Buenos Aires: