Nie veel hoop op ‘n beter toekoms in boubedryf

Die Namibiese konstruksie-sektor is in ‘n benarde toestand en daar is nie hoop op ‘n beter toekoms nie. Volgens Simonis Storm se Junie-verslag oor kredietverlening aan die privaat sektor het die beperkte monetêre beleid daartoe gelei dat bouplanne gemiddeld met 17 persent vanaf Maart tot Junie gedaal het. Dit dui aan dat hoër rentekoerse daartoe gelei het tot vertragings in konstruskie-aktiwiteite. Simonis Storm verwag dus verdere afwaartse druk op konstruksie-aktiwiteit in die nabye toekoms. Aanbouings of veranderings oorheers die bouplanne wat die afgelope maande goedgekeur is, maar hierdie projekte is tipies kleiner in skaal en vereis kleiner lenings om te voltooi. Kosmos 4.1 Nuus het met Bärbel Kirchner die uitvoerende hoof van die Konstruksie-federasie van Namibië gepraat…