Mkhwebane sal aanhou om bevindings te beveg
Die geskorste Openbare Beskermer, Busisiwe Mkhwebane is vasberade om die bevindings van die Parlementêre ad hoc-komitee oor haar ampsbevoegheid te beveg. Die Artikel 194-komitee het sy bevindings vir ‘n konsepverslag Sondag gefinaliseer en verskeie bevindings van wangedrag en onbevoegdheid teen haar gemaak. Daar is onder meer bevind Mkhwebane het sekere werknemers geteister, geviktimiseer of geïntimideer. Sy het in ‘n onderhoud steeds volgehou die komitee het sy bevindings vooraf bepaal: