Metaangas het ontploffing in Johannesburg veroorsaak

Die Johannesburgse metro het bevestig dat metaangas die ontploffing in die middestad veroorsaak het wat minstens een lewe geëis het en die gedeeltelike ineenstorting van Breëstraat veroorsaak het. Altesaam 48 mense is in ontploffing verlede maand beseer, en verskeie moes in die hospitaal opgeneem word vir behandeling. Johannesburg se stadsbestuurder, Floyd Brink, sê die gas-infrastruktuur in die gebied gaan opgegradeer om aan wêreld-standaarde te voldoen. Brink het bewerings dat die metro nie kapasiteit het om infrastruktuur-instandhouding te hanteer nie, verwerp. Die metro sê top-vaardighede is ingebring om die opgraderings in infrastruktuur te hanteer.