Meerderheid van uitvoere per lug vervoer

Gedurende Junie het ‘n totaal van 3,6 miljard Namibiese dollar se vrag, wat ‘n 40,9 persent van die totale uitvoer verteenwoordig, Namibië per lug verlaat. Volgens die Namibiese Statistieke-agentskap se handelsbulletin kom dit neer op ‘n toename van 19,6 persent vergeleke met 3 miljard dollar wat in Mei aangeteken is. Die uitvoere via lugvervoer het hoofsaaklik bestaan uit edelstene soos diamante, nie-monetêre goud en drukwerk. Goedere wat per see uitgevoer is, het 34,1 persent van die totale uitvoere uitgemaak, wat hoofsaaklik bestaan uit vis, uraan en koper. Padvervoer het 25 persent van die totale uitvoer beslaan en wat hoofsaaklik bestaan uit petroleum-olies, vis en lewendehawe.