Kanada se brande word deur aardverwarming aangedryf
Die eerste minister van Kanada, Justin Trudeau, sê hulle moet meer doen om besighede aan te spoor om oplossings te kry en in te stel wat die tempo van klimaatsverandering kan beperk. Verlede maand het die land sy ergste veldbrandseisoen ooit beleef met meer as 7,8 miljoen hektaar wat afgebrand het. Trudeau sê Kanada se nasionale klimaataanpassingstrategie is belangrik om die risiko van uiterste weersomstandighede soos oorstromings en veldbrande te beperk, en die uitwerking van fossielgedrewe aardverwarming te versag: