Grensposte, kreatiewe dienste en doeane onder die loep

Die Namibiese Inkomste-agentskap, NamRA, nooi alle kreatiewe Namibiërs, insluitend kunstenaars, kurators, vervaardigers en promotors uit om aan ‘n inligtingsessie deel te neem. Dit vind op 8 Augustus om half-drie die middag by die Nasionale Teater van Namibië in die hoofstad plaas. Hierdie geleentheid het ten doel om samewerking te bevorder en belangrike sake wat verband hou met belasting, doeane en aksyns aan te spreek. Tonateni Shidhudhu, strategiese kommunikasiebestuurder van die agentskap, het met Kosmos 94.1 Nuus oor die kreatiewe sektor se uitdagings by grensposte gesels…