Gauteng lykshuis vorder met onopgeëiste oorskot
Die Gautengse Gesondheidsdepartement sê hy maak goeie vordering met die uitdaging van onopgeëiste liggame by al die provinsie se lykshuise. Die provinsie ondervind egter steeds ‘n skerp toename in die aantal liggame wat opgeneem word, wat aan bevolkingsgroei toegeskryf kan word. Die waarnemende uitvoerende hoof van Forensiese Mediese Dienste, Thembalethu Mpahlaza, sê ingrypings is gedoen om die kapasiteit by lykshuise te vergroot: