EFF sê hy ondersteun betogings teen studente- hulpfonds
Die EFF in Tshwane sê hy ondersteun die optog deur die party se Studente-vleuel na die Departement van Hoër Onderwys en Opleiding en die Uniegebou. Die optog vind plaas om beswaar te maak teen die Nasionale Finansiële Hulpskema vir Studente se nuwe direkte betaalstelsel. Die EFF sê hy is sterk gekant teen enige stelsel wat ongelykheid laat voorbestaan en die regte van mense ondermyn. Die president van die Studente Beheerliggaam, Sihle Lonzi, sê hulle sal aanhou om vir studente te veg: