Dis goed dat polisie ondersoek instel na misdaadintelligensie-hoof EFF saamtrek bywoon

Die DA het die nasionale polisiekommissaris, Fannie Masemola, se besluit verwelkom, om ondersoek in te stel na generaal-majoor Feroz Khan se bywoning van die EFF-galadinee verlede week Donderdag. Hy is die tweede-in-bevel van die polisie se misdaadintelligensie-afdeling. Khan beweer hy het by die geleentheid gewerk, maar dit blyk nou sy kaartjie is deur ‘n sakeman na aan die EFF-leierskap gekoop. Andrew Whitfield van die DA sê hulle vertrou dat die ondersoek met die grootste dringendheid en sonder enige onnodige beïnvloeding uitgevoer sal word: