Diere-trust en Amupanda is haaks
Advokaat Ronel Lewies van die Justice for Animals-trust sê nadat AR-aktivis Job Amupanda se video op sosiale media opslae gemaak het waar hy mense aanmoedig om hondevleis te eet, het sy besluit het om die Dierebeskermingswet onder die aandag van Namibiërs te bring. ‘n Verbod op die slag van ‘n hond om sy liggaam, vel of enige ander deel kommersieel te benut, is in die huidige wetgewing vervat. Daar is ‘n nuwe wetsontwerp vir dierebeskerming en -welsyn wat deur die destydse justisie-minister Sacky Shangala in samewerking met advokaat Lewies geskryf is, maar hy is in die Fishrot-skandaal gearresteer voordat dit in die parlement ter tafel gelê is. Advokaat Lewies het met Kosmos 94.1 Nuus gesels…
TERUG: Intussen het Amupanda teruggeslaan en seekos en trofeejag as verweer gebruik.