Daar is genoeg diesel, vervoer is dalk uitdaging…

Daar word verneem dat Gobabis en Divundu op die oomblik geen diesel het nie met verskeie vulstasies in ander plekke regoor die land wat ook droog staan. Namcor het aan Kosmos 94.1 Nuus bevestig dat die grootmaat brandstof-fasiliteit by Namport op Walvisbaai vol is en daar is dieselvoorraad vir die land. Die probleem lê op die oomblik blykbaar by die vervoer van die brandstof en moontlik ook op betalings. Die Namcor-woordvoerder, Paulo Coelho sê alle kliënte wie se rekenings betaal is, kan diesel ontvang, mits daar doeltreffende vervoer deur die oliemaatskappye is. Hy herhaal, daar is dieselvoorraad.

Intussen het Kosmos 94.1 Nuus ook weer met Vivo Energy, wat Shell bedryf, gepraat oor dieseltekorte by hulle vulstasies. Die woordvoerder Lazarus Nafidi het bevestig dat hy staan by wat hy Dinsdag aan Kosmos 94.1 Nuus gesê het –dat diesel teen Dinsdagaand afgelewer sou word…