Beijing kry 744 mm reën binne 40 uur

Die Chinese hoofstad, Beijing, het die afgelope paar dae sy swaarste reënval in byna een-en-‘n-halfeeu aangeteken. Beijing se weerdiens sê die 744 millimeter reën is binne 40 uur tydens storm Doksuri aangeteken, en is die meeste sedert die stad 140 jaar gelede begin rekord hou het. Dit is gelykstaande aan die gemiddelde reënval vir die hele Julie. Twintig mense is dood en verskeie word steeds vermis nadat verwoestende oorstromings die stad getref het. China staal hom intussen vir die koms van die sesde storm van die jaar, tifoon Khanun.