Akkerbouraad pas grenssluitings vir Augustus aan

Die Namibiese Akkerbouraad het aanpassings gemaak aan toelaatbare invoere van groente vir die maand van Augustus. Die grens is gesluit vir kool in enige vorm sowel as uie en patats. Die raad voeg by klein patats, die tussen 1 en 2 kilogram word toegelaat. Kersie-tamaties en ronde tamaties mag ook nie ingevoer word nie. Die grens is alleenlik oop vir aartappels tot 15 Augustus. Onbeperkte invoere word vir skorsies, pampoen, waatlemoen, spanspek, en soetmielies toegelaat. Pro-rata-invoere sluit beet, botterskorsie, wortel, komkommer, soetrissies, iceberg-blaarslaai en spinasie in.