6 Januarie: Trump verskyn môre in die hof om formeel aangekla te word

‘n Groot jurie het die voormalige Amerikaanse president Donald Trump, vir verskeie beweerde misdade aangekla oor sy pogings om die uitslag van die 2020-verkiesing om te keer. Hy staar vier aanklagte in die gesig. Dit sluit in sameswering om bedrog teen die staat te pleeg, inmenging met ‘n getuie en sameswering teen die regte van burgers. Die 77-jarige word reeds in twee ander hofsake vervolg. Die staat se regsverteenwoordiger Jack Smith sê Trump was vasberade om die mag te behou in ‘n sameswering wat die grondslag van die Amerikaanse federale regering geteiken het.