Venus trek loslootjies vir Kanadese-, Cincinnati Ope

Die sewemalige Grand Slam-kampioen, Venus Wiliams het loslootjies vir die Kanadese en Cincinnati-Ope die maand ontvang. Die 43-jarige gaan vir die tiende keer in die enkelspel by Cincinnati speel en die 12de keer in Montreal. Williams het so pas ‘n grasbaanseisoen afgehandel en het ondermeer ‘n oorwinning teen Camila Giorgi in Birmingham behaal en was vir die 24ste keer op Wimbledon. Sy het 49 enkelspeltitels in haar loopbaan verower. Sy het in 2014  die eindstryd in Montreal gehaal, en in 2012 die halfeindstryd in Cincinnati.