Venesië moet op erfenis-gevaarlys gevoeg word – Unesco
Die Verenigde Nasies se Opvoedkundige, Wetenskaplike en Kulturele Organisasie, Unesco, het aanbeveel die Italiaanse stad Venesië moet by sy erfenis-gevaarlys gevoeg word. Die stad is een van 1 157 plekke wat tans as Wêrelderfenisgebiede aangewys is. Unesco sê Venesië loop die gevaar van onomkeerbare skade weens oorweldigende toerisme, oorontwikkeling en stygende seevlakke weens klimaatsverandering. Hy sê die kwessies bedreig die integriteit van die stad se kulturele-, omgewings- en landskapseienskappe en -waardes.