Tories sukkel reeds sedert 2011 om migrante, asielsoekers te hanteer

Die migrante-krisis in die Verenigde Koninkryk bly in die nuus. Die Britse skadu minister van justisie, Steve Reed, sê die Tory-regering het sedert 2011 nie werklik die krisis in die land aangespreek nie. Hy voeg by dat die proses om asiel ook agterweë gelaat is deur die regering.