Sunak se regering lieg – Just Stop Oil
Just Stop Oil, die Britse omgewingsbeweging sê die regering se kommentaar dat sy nuwe olie en gas eksplorasielisensies deel vorm van sy beplanning vir nul-vrystellings, ‘n blatante leuen is. Premier Rishi Sunak het aangekondig dat meer as 200 lisensies vir die Noordsee uitgereik sal word met die mening dat daar ‘n balans tussen omgewingsdoelwitte en die lewenskoste-krisis moet wees. Emma de Saram van Just Stop Oil sê die Britse regering lieg gereeld.