Shiimi verduidelik hoekom ingegryp is met NamPower-beurtkrag

Die minister van openbare ondernemings, Ipumbu Shiimi het die regering se ingryping met die NamPower beurtkrag-aangeleentheid verduidelik. Hy sê dit was nie ‘n kwessie van moenie die beurtkrag toepas nie, maar eerder een van die implikasies van so ‘n stap. Hy sê daar moes eers in gesprek getree word. Maar, die regering het deurgeloop onder kritiek dat hy eers ingetree het toe NamPower wel sy eerste fases van beurtkrag toegepas het. Shiimi sê die publiek is onder die verkeerde indruk en dat gesprekke reeds sedert verlede jaar met die kragvoorsiener voortduur oor uitstaande skuld. Hy sê daar is altyd ander opsies, anders as beurtkrag, wat oorweeg moet word. NamPower het in Junie, nes verlede jaar, beurtkrag aangekondig vir verskeie plaaslike owerhede na hy gesê het hy word meer as ‘n miljard Namibiese dollar geskuld.