Russiese Wagner-groep verwelkom staatsgreep in Niger

Die militêre regerings van Burkina Faso en Mali het in ‘n gesamentlike verklaring gewaarsku dat enige militêre ingryping in Niger, as ‘n oorlogsverklaring teen hulle beskou sal word. Dit volg nadat die Ekonomiese Gemeenskap van Wes-Afrika-state, Ecowas, gedreig het dat hy Niger se President Mohamed Bazoum, wat sedert die staatsgreep aangehou word, se bewind sal herstel. Burkina Faso en Mali, wat vroeër hul Westerse bande verbreek het en ‘n nuwe alliansie met Rusland gevorm het, sê Ecowas se ingryping sal ‘n ramp wees. Guinee en Algerië steun ook die nuwe bewind. Die Russiese Wagner-groep se hoof, Jevgeny Prigozhin het ook die staatsgreep verwelkom en sê sy magte is gereed om wet en orde in Niger te herstel.