Rugby: Welwitschias takel Uruguay op hul tuisveld in Montevideo

Die Namibiese Rugby-unie het die span van die Windhoek Draught Welwitschias aangekondig wat Saterdag vir Uruguay in die tweede wedstryd van die Wêreldrugby-nasiesbeker op hul tuisveld in die hoofstad Montevideo sal pak. Die span word gelei deur kaptein Johan Deysel met slot Tjiuee Uanivi die onder-kaptein. Afskoptyd is ses-uur Namibiese tyd. Namibië moes verlede Saterdag in die openingswedstryd die knie buig teen die Argentynse Vyftiental met die eindtelling 34-27 in Argentinië se guns.