Noodsaaklike mediese sorg steeds aan Tshwane verskaf
Die departement van gesondheid van die Stad Tshwane sê hy is steeds daartoe verbind om noodsaaklike mediese sorg aan al sy inwoners te verskaf, ten spyte van die onwettige staking deur die munisipale werkersvakbond, Samwu. Klinieke moes weens intimidasie en dreigemente tydens die staking sluit en dit het ʼn uitwerking op gesondheidsorg en medikasie. Personeel en pasiënte is weggewys na klinieke wat nog oop is en personeel wat geraak word ontvang trauma-berading. Die burgemeesterskomiteelid vir gesondheid, Rina Marx, sê alles moontlik word gedoen om die situasie te beredder.