Nampol bevestig twee word ondervra in verband met plaasaanval op Grootfontein
Die Otjozondjupa-polisie het bevestig dat daar wel twee persone op Grootfontein op die oomblik ondervra word in verband met die plaasaanval Sondagaand op die Gärtner-egpaar. Die boere het volgens wat berig word, daarin geslaag om die twee vas te trek. Die streek se polisiewoordvoerder, Maureen Mbeha, het aan Kosmos 94.1 Nuus bevestig dat die ondersoek in volle swang is maar dat dit nog nie bevestig is op die twee deel vorm van die vyf gewapende mans wat die egpaar oorval het nie. Intussen het die mag gesê net meer as 178 000 Namibiese dollar se goedere, insluitend twee rewolwers, ‘n pistool, ‘n haelgeweer en Mini Ruger is gesteel saam met kameras, juwele, selfone en 6 000 Namibiese dollar in kontant is gesteel. Mbeha sê verder die egpaar is in ‘n stabiele toestand.