Moses Matyayi vat vandag hoofstad se leisels

Die Stad Windhoek het amptelik aangekondig dat Moses Matyayi vanaf vandag die posisie van hoof uitvoerende beampte beklee. Die woordvoerder van die Stad, Lydia Amutenya, sê dat Matyayi ‘n magdom ervaring in staatsdiens, besigheids-administrasie en leierskap meebring. Voordat Matyayi sy pos by die hoofstad ingeneem het, het hy verskeie senior leiersposisies beklee. Hy het vir meer as ‘n dekade van 2010 tot 2020 gedien as die hoof uitvoerende beampte van die Otjiwarongo- en Otavi-munisipaliteite. Matyayi is ná ‘n uitgerekte werwingsproses uiteindelik as die hoof van die stad aangestel met ‘n magdom uitdagings wat op hom wag.