Krieket: Gepaste einde aan As-reeks
Krieket: Die snelbouler, Stuart Broad, het sy loopbaan afgesluit deur die laaste twee paaltjies te neem, om Engeland in staat te stel om die vyfde en laaste toets om die As teen Australië op die Oval in Londen met 49 lopies te beklink. Dit het die reeks gelykop laat eindig met twee oorwinnings elk. Die besoekers het op 135 sonder verlies hervat en moes 384 aanteken, maar is almal uitgehaal vir 334. Engeland se kaptein, Ben Stokes, sê dit was ʼn opwindende reeks en dus gepas dat dit in die laaste skof beslis is.