Kenner sê oor landbou-impak van El Niño
Die South African Seasonal Climate Watch het aangedui dat die El Niño-toestand heers en volgens die jongste voorspellings na verwagting sal voortduur deur die meeste van die somermaande. Dit is uiters slegte nuus vir die plaaslike landbousektor en vroeë voorspellings dui bo-normale reënval vir die grootste deel van Suider-Afrika aan gedurende die vroeë lente van Augustus tot Oktober, met onder-normale reënval wat voorspel word oor die westelike dele van September tot Desember. Minimum en maksimum temperature sal na verwagting oor die algemeen landwyd bo-normaal wees. Kosmos 94.1 Nuus het met Wandile Sihlobo, ‘n landbou-ekonoom in Suid-Afrika, gesels wat verduidelik wat in die volgende reënseisoen vir die landboubedryf in Suider-Afrika verwag kan word…