Kaapse toerisme is terug – syfers is hoër as voor die pandemie

Toeriste-aankomste by die Kaapstadse Internasionale Lughawe het vir die eerste ses maande van die jaar die getalle voor die pandemie oorskry. Dit is bekendgemaak in die maandelikse toerismeverslag van die Wes-Kaapse regering se amptelike toerisme, handel en beleggingsbevorderings-agentskap, Wesgro. Die LUR vir Finansies en Ekonomiese Geleenthede, Mireille Wenger, sê internasionale passasiers-aankomste tussen Januarie en Junie het die 1,4 miljoen kerf bereik. Dit oorskry die getalle voor die pandemie met 104 persent en het jaar-op-jaar met 76 persent toegeneem: