Gewelddadige staking in Tshwane veroordeel

Die burgemeester van Tshwane, Cilliers Brink, veroordeel die gewelddadige en beplande onbeskermde staking deur die munisipale werkersvakbond, Samwu. Dit duur voort ondanks die bevel van die arbeidshof wat die staking verbied. Die burgemeester waarsku stakende werknemers om onverwyld terug te keer werk toe en hulle daarvan te weerhou om in te meng met aspekte van bestuur wat inkomste en vullisverwydering raak. Die stad sal betrokkenes identifiseer en hulle kan summier in die pad gesteek word. Brink sê die polisie sal ontplooi word om die wet af te dwing en die veiligheid van werknemers te verseker.