Gautengse LUR besoek Hillbrow-lykshuis
Die Gautengse LUR vir gesondheid en welstand, Nomantu Nkomo-Ralehoko, besoek vandag die Hillbrow-lykshuis, na aanleiding van klagtes van die publiek oor lykskouings wat vertraag word en begrafnisse beïnvloed. Die woordvoerder van die departement, Motalatale Modiba, sê die vertragings veroorsaak lyding en ongerief vir baie gesinne wat begrafnisreëlings vir hul geliefdes moet tref.