Brics-gesondheidsvergadering kyk na universele sorg

Die buurland se gesondheidsminister, Joe Phaahla, is die gasheer vir sy eweknieë by die 13de Brics-vergadering van ministers van gesondheid wat van vandag tot Vrydag in Durban, KwaZulu-Natal gehou word. Dit is deel van die aanloop tot die Brics-beraad wat die maand in Johannesburg gehou word. Die woordvoerder van die departement, Foster Mohale, sê die vergadering se tema dek universele gesondheidsorg.