Boere trek moontlik twee van die Grootfontein-rowers vas
Boere in die Grootfontein-omgewing het spoorgesny na Sondagnag se aanval op die Gärtner-egpaar en daarin geslaag om moontlik twee van die vermeende rowers vas te trek. Dit is nog nie bevestig of die twee wel deel was van die gewapende roof nie. Die Namibiese polisie moet ook nog bevestig. Intussen het die mag gesê net meer as 178 000 Namibiese dollar se goedere, insluitend twee rewolwers, ‘n pistool, ‘n haelgeweer en Mini Ruger is gesteel saam met kameras, juwele, selfone en 6 000 Namibiese dollar in kontant. Die mag sê van die goedere is by die plaas se gastehuis gesteel, by toeriste van Eswatini.