Menzies: 23 ton vrag in pakhuis op HKIA toegesluit

Uitspraak in Menzies Avation se dringende hofaansoek in die Windhoekse hoërhof word môre verwag. Dit volg nadat die Namibiese Lughawens-maatskappy Menzies op Saterdag 19 Augustus by die Hosea Kutako Internasionale Lughawe uitgeskop het. Intussen het Paragon Aviation grondhanteringdienste oorgeneem. Menzies sê in sy aansoek sy huurooreenkoms met die lughawensmaatskappy is, onder andere, nie nagekom toe hy uitgesit is nie. Menzies het vandag in ‘n mediaverklaring gesê intussen is ongeveer 23 ton vrag in sy pakhuis by die lughawe toegesluit, en kan nie deur hulle versprei word nie. Menzies het glo by verskeie geleenthede versoek om by die lughawe toegelaat te word om hierdie kritieke taak om die vrag te versprei, uit te voer, maar die versoeke het egter op dowe ore geval.