Veteraanverkiesings is belangrik vir ANC se hernuwingJuly 31, 2023

Die president van die ANC, Cyril Ramaphosa, sê is daar is nie omdraaikans oor die fundamentele vernuwing van die party en die radikale maatskaplik-ekonomiese hervorming van Suid-Afrika nie. Hy het die afsluitingstoespraak by die ANC-Veteraneliga se derde nasionale konferensie in Birchwood, Benoni, Gauteng gelewer. Die anti-Apartheidsaktivis, Ilva Mackay-Langa, is as sekretaris-generaal verkies en die voormalige minister van Menslike Nedersettings, Connie September, as haar adjunk. Ramaphosa sê die liga se verkiesings is ‘n belangrike mylpaal in die hernuwing van die ANC: