Tshwane spreek agterstand na onwettige staking aan
Die Stad Tshwane sê hy gaan planne in werking stel om die agterstand in dienslewering, wat ontstaan het weens die onwettige staking deur werknemers van die Suid-Afrikaanse Munisipale Werkers-unie, vinniger uit te wis. Die arbeidshof in Braamfontein het verlede Vrydag ‘n tussentydse interdik toegestaan teen die stad se stakende werkers. Die werkers eis ‘n salarisverhoging van 5,4 persent. Die woordvoerder van die stad, Selby Bokaba, sê die hof het beslis die werkers mag nié aan die onwettige staking deelneem nie: