Sokker: Zambië uitgeskakel ondanks sege oor Costa RicaJuly 31, 2023
Sokkernuus: Zambië is uitgeskakel by die wêreldbeker vir vroue, ondanks ‘n oorwinning van 3-1 teen Costa Rica in hulle laaste Groep C-kragmeting in Hamilton in Nieu-Seeland. Japan het bo-aan die punteleer in Groep C geëindig nadat hulle Spanje in Wellington met 4-0 geklop het. Die Japannese het al drie hulle wedstryde gewen en 11 doele aangeteken. Spanje eindig tweede in die groep en dring saam met Japan deur na die volgende ronde van die toernooi.