Rugby: Laaste kans om teen Pumas te beïndrukJuly 31, 2023
Rugby: Die Springbokke het vanmiddag hul eerste oefening in Buenos Aires voor Sondag se Wêreldbeker-opwarmingswedstryd teen Argentinië. ʼn Groep van 26 is na Suid-Amerika en vir verskeie spelers is dit waarskynlik die laaste geleentheid om die Bok-afrigters te beïndruk voor die Wêreldbeker-groep finaal saamgestel word. Die Bokke se hulpafrigter, Deon Davids, verwag nog ʼn groot aanslag van die Pumas.