Pad tussen Aussenkehr en Rosh Pinah weer gesluit weens reën
Die Namibiese Paaie-owerheid stel die publiek in kennis dat die distrikspad 212 tussen Aussenkehr en Rosh Pinah weer gesluit is as gevolg van nat en gladde toestande ná swaar reën in die Karas-streek op sommige dele van die pad. Hierdie pad word tans as onveilig vir padgebruikers beskou. Kosmos 94.1 Nuus het met die woordvoerder van die owerheid Hileni Fillemon gepraat en sy versoek die publiek om tot verdere kennisgewing van die alternatiewe roete gebruik te maak.