Noordwes-gemeenskappe kry drinkwater
Die Suid-Afrikaanse minister van water en sanitasie, Senzo Mchunu, sê meer as 52 000 huishoudings in die Moretele plaaslike munisipaliteit in Noordwes kan voordeel trek uit volhoubare, betroubare en deurlopende voorsiening van drinkbare water vanuit die Moretele Suid-grootmaat-watervoorsieningsprojek. Mchunu het die reservoir met ‘n vermoë van 25 megaliter per dag in Dilopye en die grootmaat-pypleiding in Mogogelo besoek. Hy sê fase drie van die grootmaat-waterprojek sal betroubare voorsiening van drinkbare water aan die verre westelike dele van Moretele verseker.