Namibië bedank sy veldwagters
Vandag word Wêreld-veldwagtersdag herdenk. Volgens die Veldwagters-vereniging van Afrika het 71 veldwagters op die vasteland gedurende die afgelope jaar gesterf. Ten minste 633 Afrika-veldwagters is sedert 2011 vermoor. Altesaam 326 van hierdie veldwagters is deur burgermag-groepe en terroriste in gekoördineerde aanvalle of deur stropers vermoor terwyl hulle natuurlike hulpbronne probeer beskerm. Die Internasionale Veldwagters-federasie berig dat ten minste 148 veldwagters wêreldwyd in die afgelope jaar gesterf het. Tammy Hoth, stigter van die Namibian Lion Trust Foundation het met Kosmos 94.1 gepraat…