Man vas oor seekoei-karkas
In die Kavango Oos-streek by die Ndiyona-nedersetting is ‘n Namibiese man in hegtenis geneem nadat hy gevang is in besit van ‘n seekoei-karkas te waarde van 100 000 Namibiese dollar. Hy sal na verwagting later vandag in die hof op Rundu verskyn. Intussen, is nog ‘n Namibiër vandag in die hof nadat hy op Tses in die Suide, blykbaar 17 skaap by Swartwater-plaas gesteel is. Net een karkas is teruggevind. Die ondersoek duur voort.